Women and Justice: Keywords

Domestic Case Law

Moosa N.O. and Others v. Harnaker and Others High Court of South Africa: Western Cape Division (2017)

Gender discrimination, Property and inheritance rights

The deceased was married to the second and third applicant under Islamic law. The marriage of the deceased and the third applicant was entered into before the marriage between the deceased and the second applicant. However, the deceased and the second applicant entered into a civil marriage to qualify for a home loan. Following the death of the deceased, The Registrar of Deeds, Cape Town, refused to register the title deed to the family home in the name of the third applicant. The Registrar’s refusal was premised on the meaning of the term “surviving spouse” as contemplated in terms of section 2C(1) of the Wills Act 7 of 1953 (the “Wills Act”). According to the Registrar, the only recognised surviving spouse of the deceased is the second applicant as they entered into a civil marriage. The Court declared section 2C(1) of the Wills Act unconstitutional as it does not recognise the rights of spouses married under Islamic law nor multiple female spouses married to a deceased testator in polygynous Muslim marriages.

Die oorledene is volgens die Islamitiese Wet met ‘n tweede en derde applikant getroud.  Die huwelik van die oorledene en die derde applikant is aangegaan voor die huwelik tussen die oorledene en die tweede applikant.  Die oorledene en die tweede applikant het egter ‘n siviele huwelik aangegaan om te kwalifiseer vir ‘n huislening.  Na die afsterwe van die oorledene het die Registrateur van Aktes, Kaapstad, geweier om die titel-akte van die gesinshuis in die naam van die derde aansoeker te registreer.  Die weiering van die registrateur is gegrond op die betekenis van die term “oorlewende gade” soos beoog in terme van artikel 2C(1) van die Wet op Testamente 7 van 1953 ( die “Testamente Wet”). Volgens die registsrateur is die enigste erkende oorlewende gade van die oorledene, die tweede aansoeker aangesien hulle ‘n siviele huwelik aangegaan het.  DIe hof het artikel 2C(1) van die Wet op testamente ongrondwetlik verklaar aangesien dit nie die regte van gades wat kragtens die Islamitiese wet getroud is, erken nie asook nie veelvuldige vroulike eggenote wat met ‘n oorlede testateur in ‘n poligamiese moslemhuwelik verbind is nie.



Daniels v. Campbell and Others Constitutional Court (2004)

Gender discrimination, Harmful traditional practices, Property and inheritance rights

The applicant was a woman married according to Muslim rites and whose husband had died intestate. The marriage was not solemnized by a marriage officer under the Marriage Act 25 of 1961. The house in which the applicant and her husband had lived was transferred to the deceased’s estate. The applicant was told that she could not inherit from the estate of the deceased because she had been married according to Muslim rites, and therefore was not a “surviving spouse.” A claim for maintenance against the estate was rejected on the same basis. The Court held that the word “spouse” as used in the Intestate Succession Act includes the surviving partner to a monogamous Muslim marriage and that the word “survivor” as used in the Maintenance of Surviving Spouses Act 27 of 1990, includes the surviving partner to a monogamous Muslim marriage.

Die applikant was ‘n vrou wat volgens Moslem tradisie getroud is en wie se eggenoot intestaat gesterf het. Die huwelik is nie volgens die huwelikswet 25 van 1961 deur ’n huweliks beampte bekragtig nie. Die huis waarin die applikant en haar man gewoon het is na die oorledene se boedel oorgeplaas. Die applikant is meegedeel dat sy nie uit die boedel van die oorledene kon erf nie omdat sy getroud was volgens die Moslem tradisie en is dus nie 'n "oorlewende gade" nie. ’n Eis vir onderhoud teen die boedel is op dieselfde basis verwerp. Die hof het beslis dat die woord "gade" soos gebruik word in die Wet op Intestate Erfopvolging, die oorlewende maat van ’n monogame moslem-huwelik insluit. Die woord "oorlewende” wat gebruik word vir die Wet 27 van 1990 vir die onderhoud van oorlewende eggenote, sluit die oorlewende eggenoot in van 'n monogame Moslem huwelik



Bhe and Others v. Khayelitsha Magistrate Constitutional Court (2004)

Gender discrimination, Harmful traditional practices, Property and inheritance rights

This judgment constituted three related cases (Bhe, Shibi and SAHRC), which were decided together and concerned the African customary law rule of primogeniture. In Bhe, a mother brought an action to secure the property of her deceased husband for her daughters. In Shibi, the applicant was denied the right to inherit from her deceased brother’s intestate estate under African customary law. In SAHRC, the South African Human Rights Commission and the Women’s Legal Centre Trust brought an action in the public interest to declare the rule of male primogeniture contained within section 23 of the Black Administration Act 38 of 1927 invalid. The Constitutional Court declared section 23 invalid, meaning that all deceased estates were to be governed by the Intestate Succession Act 81 of 1987, under which widows and children can benefit regardless of their gender or legitimacy. The Court also ordered the division of estates in circumstances where the deceased person was in a polygamous marriage and was survived by more than one spouse and ordered that, in such instances, a surviving spouse shall inherit a child’s share of the intestate estate or so much of the intestate estate as does not exceed in value the amount fixed by the Minister for Justice and Constitutional Development by notice in the Gazette.

Hierdie uitspraak het bestaan uit drie verwante sake (BHE, Shibi en SARK) wat saam beslis is en het betrekking op die Afrika gebruiks regsreël van eersgeboortereg. In BHE het 'n moeder 'n saak gemaak om die eiendom van haar oorlede man vir haar dogters te verseker. In Shibi is die applikant volgens die Afrika gewoontereg, die reg ontsê om van die intestate boedel van haar broer te erf.  In SAHRC het die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie en die "Women’s Legal Centre Trust" 'n saak in die openbare belang gebring om die reël van manlike eersgeboortereg wat in artikel 23 van die Swart Administrasie Wet 38 van 1927 ongeldig te verklaar. Die Konstitusionele Hof het artikel 23 ongeldig verklaar wat beteken dat alle boedels van oorledenes onderworpe sal wees aan die Intestaat Opvolgwet 81 van 1987 waaronder weduwees en kinders voordeel kan trek ongeag hul geslag of wettigheid. Die Hof het ook gelas dat boedels onderverdeel word in omstandighede waar die oorledene in ’n poligame huwelik was en deur meer as een eggenoot oorleef word. In welke geval ’n oorlewende eggenoot ’n kind se deel van die intestate boedel erf of ’n waarde van die intestate boedel wat nie die bedrag wat deur die Minister vir Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling vasgesteld is, oorskry word soos die kennisgewing in die Staatskoerant nie.